top of page

ALGEMENE VRAE

Loer gerus vir antwoorde na die vrae wat ons gereeld kry

Coffee and Book

HOE LANK VAT DIT OM 'N BOEK TE PUBLISEER?

Dit hang af of ons jou manuskrip net moet redigeer of van voor af moet skryf, die grootte van jou manuskrip, die hoeveelheid redigering en taalversorging wat gedoen moet word en dan natuurlik wat jou vereistes is. Oor die algemeen is ons tydsberekening van so aard dat nuwe projekte binne een maand afgehandel word vanaf die deposito of totale bedrag in ons rekening reflekteer.

Beverage Mug and a Laptop

HOEVEEL KOS DIT?

Die totale koste van jou boek hang af van watter pakket jy benodig. Kostes kan enige iets vanaf R5000 - R40 000 beloop om jou boek professioneel te skryf of te versorg. 

Electronic Book

EK HET MY PAKKET GEKIES. WAT NOU?

Sodra ons die volledige inligting vir jou boek of jou manuskrip ontvang, kan jy agteroor sit en 'n koppie koffie geniet. Ons hanteer die tydsame dinge soos die redigering, taalversorging, herskryf, uiteensetting, boekomslag, bemarking, verkoopsplatforms, en elke ander ding wat benodig word. Duidelike kommunikasie is belangrik vir ons, so jy sal gereeld terugvoering van ons af ontvang.

bottom of page